9:51-11:54

img

951Toe die tyd naderkom vir Jesus se terugkeer hemel toe, het Hy vasbeslote die tog na Jerusalem begin. 52Hy het boodskappers vooruit gestuur na ’n Samaritaanse dorpie om vir sy koms gereed te maak. 53Maar die mense van die dorpie wou niks met Jesus te doen hê nie omdat Hy van plan was om Jerusalem toe te gaan.

54Toe Jakobus en Johannes dit hoor, het hulle vir Jesus gesê:

Jakobus die Dissipel & Johannes die Dissipel

Here, moet ons vuur uit die hemel laat kom om hulle te verbrand?

55Maar Jesus het omgedraai en hulle tereggewys. 56Hulle het toe na ’n ander dorpie toe gegaan.

57Terwyl hulle op pad was, het iemand vir Jesus gesê:

Iemand op die pad

Ek sal U volg, maak nie saak waar U gaan nie.

58Maar Jesus het geantwoord:

Jesus

Jakkalse het gate om in te bly, en voëls het neste, maar Ek, die Seun van die Mens, het nie eers ’n plek om my kop neer te lê nie.

59Hy het vir ’n ander persoon gesê:

Jesus

Kom, wees my dissipel.

Die man het ingestem, maar gesê:

Iemand op die pad

Here, laat ek net eers huis toe gaan en my pa begrawe.

60Jesus het geantwoord:

Jesus

Laat dié wat geestelik dood is, omsien na hulle eie dooies. Jou plig is om die begin van die koningsheerskappy van God te gaan verkondig.

61’n Ander een het gesê:

Iemand op die pad

Ja, Here, ek sal U volg, maar ek wil eers my familie gaan groet.

62Maar Jesus het vir hom gesê:

Jesus

Enigiemand wat die hand aan die ploeg slaan en dan terugkyk, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.

101Die Here het nou 72 ander dissipels gekies en hulle in pare vooruit gestuur na al die dorpe en plekkies wat Hy wou besoek. 2Dít was sy instruksies aan hulle:

Jesus

Die oes is só groot, maar die werkers is so min. Bid tot die Here wat in beheer is van die oes, en vra dat Hy meer werkers in die veld sal stuur. 3Gaan nou, en onthou dat Ek julle soos lammers tussen wolwe instuur. 4Moenie enige geld saamvat nie, of ’n reissak of selfs ’n ekstra paar sandale nie. En moenie enigiemand langs die pad groet nie.5“Elke keer wanneer julle ’n huis binnegaan, spreek die vredesgroet daaroor uit. 6As dié wat daar bly, dit waardig is, sal die seën bly; as hulle dit nie is nie, sal die seën na julle toe terugkom. 7Wanneer julle in ’n dorp aankom, moenie van huis tot huis gaan nie. Bly op een plek, eet en drink wat hulle aan julle voorsit. Moenie huiwer om gasvryheid te aanvaar nie, want dié wat werk, verdien hulle loon.
8“As ’n dorp julle verwelkom, eet wat ook al aan julle voorgesit word. 9Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle.’ 10Maar as ’n dorp weier om julle te ontvang, gaan uit in die strate en sê: 11‘Ons vee die stof van julle dorp van ons voete af as ’n openbare aankondiging van julle oordeel. Maar dit moet julle weet: die koningsheerskappy van God is naby!’ 12Ek verseker julle, selfs die bose Sodom sal in die oordeelsdag beter daaraan toe wees as só ’n dorp.
13“Ellende wag vir julle, Gorasin en Betsaida! Want as die wonders wat Ek in julle gedoen het in die bose Tirus en Sidon gedoen was, sou hulle inwoners lankal in sakke geklee gewees het, met as op hulle koppe as teken van hulle berou. En hulle sou tot inkeer gekom het. 14Ja, Tirus en Sidon sal in die oordeelsdag beter daaraan toe wees as julle. 15En julle, mense van Kapernaum,
sal julle tot die hemel verhoog
word?
Nee, julle sal afdaal
tot in die doderyk.

16Toe sê Hy vir die dissipels:

Jesus

Enigeen wat julle boodskap ontvang, ontvang My ook. En enigeen wat julle verwerp, verwerp My. En enigeen wat My verwerp, verwerp God wat My gestuur het.

17Toe die 72 dissipels terugkom, het hulle met vreugde gesê:

72 Dissipels

Here, selfs die duiwels gehoorsaam ons wanneer ons u Naam gebruik!

Jesus

18Ja,

het Hy hulle vertel.

Jesus

Ek het Satan uit die hemel sien val soos ’n weerligstraal! 19En Ek het julle gesag gegee oor alle mag van die vyand, en julle kan oor slange en skerpioene loop en hulle vermorsel. Niks sal julle beseer nie. 20Maar moenie bly wees net omdat bose geeste julle gehoorsaam nie; wees bly omdat julle name opgeteken is as burgers van die hemel.

21Toe is Jesus vervul met die blydskap van die Heilige Gees en het gesê:

Jesus

O Vader, Here van hemel en aarde, dankie dat U die waarheid verberg het vir dié wat in hulle eie oë so wys en slim is, en dit aan die kindertjies bekendgemaak het. Ja, Vader, dit het U behaag om dit só te doen.
22My Vader het My gesag oor alles gegee. Niemand ken werklik die Seun nie, behalwe die Vader, en niemand ken werklik die Vader nie, behalwe die Seun en hulle aan wie die Seun Hom wil openbaar.

23Toe hulle alleen was, het Hy na die dissipels gedraai en gesê:

Jesus

Hoe bevoorreg is julle om te sien wat julle sien! 24Ek sê vir julle, baie profete en konings het begeer om te sien en te hoor wat julle sien en hoor, maar hulle kon nie.

25Eendag het ’n wetskenner na vore gekom om Jesus te toets deur Hom hierdie vraag te vra:

’n Godsdienstige Leeraar

Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?

26Jesus het geantwoord:

Jesus

Wat sê die wet van Moses? Wat lees jy daarin?

27Die man het geantwoord:

’n Godsdienstige Leeraar

‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, al jou krag en jou hele verstand.’ En: ‘Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.’

Jesus

28Reg!

het Jesus vir hom gesê.

Jesus

Doen dit en jy sal lewe!

29Maar die man wou homself regverdig en vra toe vir Jesus:

’n Godsdienstige Leeraar

En wie is my medemens?

30En Jesus antwoord:

Jesus

'n Joodse man was op reis van Jerusalem na Jerigo toe hy deur rowers aangeval is. Hulle het sy klere uitgetrek, hom aangerand en halfdood langs die pad laat lê. En toe is hulle vort.
31Toevallig kom daar ’n Joodse priester verby, maar toe hy die man daar sien lê, het hy aan die ander kant by hom verbygegaan. 32So het ook ’n Leviet daar aangekom, die man een kyk gegee en ook aan die ander kant verbygegaan.
33Toe het ’n Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. 34Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit. Toe het hy die man op sy eie donkie gehelp en hom na ’n herberg geneem en daar verder versorg. 35Die volgende dag gee hy vir die herbergier twee silwermuntstukke en vra hom om die man te versorg. ‘As die rekening meer as dit is,’ het hy gesê, ‘sal ek die verskil betaal wanneer ek weer hierlangs kom.’
36Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ’n naaste vir die man wat deur die rowers aangeval is?

het Jesus gevra.

37Die man het geantwoord:

’n Godsdienstige Leeraar

Die een wat aan hom medelye bewys het.

Toe het Jesus gesê:

Jesus

Gaan nou, en doen jy dieselfde.

38Toe Jesus en sy dissipels hulle reis na Jerusalem voortsit, het hulle in ’n dorpie gekom waar ’n vrou, Marta, hulle in haar huis verwelkom het. 39Haar suster, Maria, het aan die Here se voete gesit en luister na wat Hy hulle leer. 40Maar Marta was bekommerd oor die groot ete wat sy besig was om voor te berei. Sy kom toe na Jesus en sê:

Marta

Here, lyk dit darem nie vir U onregverdig dat my suster net hier sit terwyl ek al die werk doen nie? Sê sy moet my kom help.

41Maar die Here het geantwoord:

Jesus

Marta, Marta, jy kwel jou tog oor so baie dinge! 42Daar is regtig net een ding wat nodig is om oor besorg te wees. Maria het dit ontdek – en Ek gaan dit nie van haar af wegneem nie.

111Eenmaal was Jesus êrens besig om te bid. Toe Hy klaar was, het een van sy dissipels na Hom gekom en gesê:

Een Dissipel

Here, leer ons om te bid, net soos Johannes sy dissipels geleer het.

2Hy het geantwoord:

Jesus

Dit is hoe julle moet bid:
‘Vader, laat u Naam geheilig word.
Laat u koningsheerskappy
begin.
3Gee ons die porsie brood
wat ons vir elke dag nodig het.
4En vergewe ons ons sondes,
net soos ons dié
wat teen ons gesondig het,
vergewe.
En bring ons nie
in die versoeking nie.’

5Toe, om hulle meer van gebed te leer, het Hy hierdie voorbeeld gebruik:

Jesus

Gestel jy gaan in die middel van die nag na ’n vriend se huis om drie brode te leen en jy sê vir hom: 6‘’n Vriend van my het pas aangekom vir ’n besoek, en ek het niks vir hom om te eet nie,’ 7en hy sou uit sy slaapkamer antwoord: ‘Moet my nie pla nie. Die deur is gesluit vir die nag, en ons is almal in die bed. Ek kan jou nie nou help nie.’ 8Nee, Ek sê vir julle, al sou hy dit nie as vriend doen nie, as jy net lank genoeg aanhou klop, sal hy vanweë jou onbeskaamdheid opstaan en vir jou gee wat jy nodig het.
9En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word. 10Want enigeen wat vra, ontvang. Enigeen wat soek, vind. En die deur word oopgemaak vir enigeen wat klop.
11Julle vaders – as julle kinders vir ’n vis vra, gee julle dan vir hulle ’n slang? 12Of as hulle ’n eier vra, gee julle dan vir hulle ’n skerpioen? Natuurlik nie! 13As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.

14Eendag het Jesus ’n bose gees uit ’n man uitgedryf wat nie kon praat nie, en die man se stem het teruggekeer. Die skare was verstom, 15maar sommige het gesê:

Die Skare

Geen wonder Hy kan bose geeste uitdryf nie. Hy kry sy krag van Satan, die prins van bose geeste!

16Om Jesus te toets het ander vir ’n wonderteken uit die hemel gevra om te sien of Hy van God kom.

17Hy het hulle gedagtes geken; daarom het Hy gesê:

Jesus

Enige koninkryk wat teen homself stryd voer, is gedoem. En ’n verdeelde huis is ook gedoem. 18Julle sê mos Ek kry my mag deur die prins van bose geeste. Maar as Satan teen homself veg deur My mag te gee om bose geeste uit te dryf, hoe kan sy koninkryk voortbestaan? 19En as Ek deur die prins van bose geeste mag kry, wat van julle eie volgelinge? Hulle dryf ook bose geeste uit; dus sal hulle julle veroordeel vir wat julle gesê het. 20Maar as Ek bose geeste uitdryf deur die krag van God, dan het die koningsheerskappy van God tot by julle gekom. 21Want wanneer Satan, wat ten volle gewapen is, sy paleis bewaak, is dit veilig – 22totdat iemand wat sterker is, hom aanval en oorweldig en sy wapens afneem en wat hy van ander gesteel het, uitdeel.
23Enigiemand wat My nie help nie, weerstaan My; en enigiemand wat nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, is besig om hulle uitmekaar te jaag.
24Wanneer ’n onrein gees iemand verlaat, gaan hy die woestyn in op soek na rus. Maar as hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek sal teruggaan na die persoon toe waar ek vandaan kom.’ 25Hy gaan dus terug en kry sy vorige tuiste uitgevee en skoon. 26Dan gaan haal hy sewe ander geeste erger as hyself, en trek in die persoon in en bly in hom. En so is daardie persoon slegter daaraan toe as voorheen.

27Terwyl Hy praat, het ’n vrou in die skare uitgeroep:

’n Vrou in die skare

God seën u moeder – die skoot waaruit U gekom het, en die borste wat U gevoed het!

28Hy het geantwoord:

Jesus

Maar nog meer geseënd is almal wat die woord van God hoor en dit uitleef.

29Terwyl die skare om Jesus saamdrom, het Hy gesê:

Jesus

Dit is bose tye hierdie, en hierdie bose geslag hou aan om van My ’n wonderteken te vra. Maar die enigste teken wat Ek hulle sal gee, is die teken van die profeet Jona. 30Wat met hom gebeur het, was ’n teken vir die mense van Nineve dat God hom gestuur het. Wat met My gebeur, sal ’n teken wees dat God My, die Seun van die Mens, na hierdie mense gestuur het.31Die koningin van Skeba sal in die oordeelsdag opstaan en hierdie geslag veroordeel, want sy het van ’n ver land gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En nou is Iemand groter as Salomo hier – en hierdie geslag weier om na Hom te luister.
32Die mense van Nineve sal ook in die oordeelsdag opstaan en hierdie geslag veroordeel, want hulle het tot inkeer gekom deur die prediking van Jona. En nou is Iemand groter as Jona hier – en hierdie geslag weier om tot inkeer te kom.
33Niemand steek ’n lamp op en steek dit dan weg of sit dit onder ’n emmer nie. Inteendeel, dit word op ’n staander geplaas om lig te laat skyn vir almal wat die kamer binnekom. 34Jou oog is die lamp vir jou liggaam. ’n Skoon oog laat lig in jou liggaam inskyn. Maar ’n vuil oog sluit die lig uit en dompel jou in duisternis. 35Maak seker dat die lig wat jy dink jy het, nie dalk duisternis is nie. 36As jou hele liggaam met lig gevul is, sonder donker hoekies, sal jou hele lewe stralend wees asof ’n helder lig op jou skyn.

37Toe Jesus klaar gepraat het, het een van die Fariseërs Hom na sy huis genooi vir ’n ete. Hy het dus ingegaan en sy plek aan tafel ingeneem.

38Sy gasheer was verbaas om te sien dat Hy plaasneem sonder om eers die seremoniële reiniging volgens Joodse gebruik na te kom.

39Toe het die Here vir hom gesê:

Jesus

Julle, Fariseërs, is so versigtig om die buitekant van die koppie en bord skoon te maak, maar binne-in is julle nog smerig – vol inhaligheid en gemeenheid! 40Dwase! Het God nie die binne- sowel as die buitekant gemaak nie? 41Gee dus vir die behoeftiges wat binne die koppie en die bord is, en julle sal oral skoon wees.
42Maar ellende wag vir julle, Fariseërs! Want julle is nougeset om ’n tiende van selfs die kleinste deel van julle inkomste te gee, maar julle vergeet heeltemal van regverdigheid en die liefde vir God. Julle moet regverdigheid en liefde beoefen, maar sonder om die tiendes na te laat.
43Ellende wag vir julle, Fariseërs! Want julle hou van die ereplekke in die sinagoges en om eerbiedig gegroet te word wanneer julle deur die markpleine loop! 44Ja, ellende wag vir julle! Want julle is soos versteekte grafte in die veld. Mense loop daaroor sonder om te weet van die korrupsie waaroor hulle loop.

’n Godsdienstige Leeraar

45Leermeester,

sê ’n wetskenner,

’n Godsdienstige Leeraar

U beledig óns ook met wat U nou gesê het.

Jesus

46Ja,

het Jesus geantwoord,

Jesus

ellende wag ook vir julle, wetskenners! Want julle belas mense met onmoontlike godsdienstige eise, en julle lig nooit ’n vinger om die las te verlig nie.
47Ellende wag vir julle! Want julle bou grafte vir die profete wat julle voorouers lank gelede vermoor het. 48So bevestig julle dat julle die dade van julle voorouers goedkeur. Húlle het immers die profete doodgemaak, maar júlle bou hulle grafte op.
49Dít is wat God in sy wysheid oor julle gesê het: ‘Ek sal profete en apostels na hulle toe stuur, en hulle sal sommige doodmaak en ander vervolg.’
50En julle van hierdie geslag sal verantwoordelik gehou word vir al God se profete van die skepping van die wêreld af – 51van die moord van Abel af tot die moord van Sagaria wat tussen die altaar en die heiligdom vermoor is. Ja, dit sal sekerlik teen julle gehou word.
52Ellende wag vir julle, wetskenners! Want julle verberg die sleutel tot kennis vir die mense. Julle gaan self nie die koninkryk binne nie, en julle verhinder ander om in te gaan.

53Toe Jesus uit die huis uitgaan, het die wetskenners en Fariseërs baie vyandig begin raak en Hom met vrae bestook oor ’n klomp goed 54in ’n poging om Hom te betrap op iets wat Hy verkeerd sê.

imgimg

AFRIKAANS

© 2018 SourceView LLC.
11