Handelinge 1:1-2:47

img

11Beste Teofilus

In my eerste boek het ek jou vertel van alles wat Jesus begin doen en leer het 2tot op die dag toe Hy opgeneem is.

Voor sy hemelvaart het Hy deur die Heilige Gees aan die mans wat Hy as apostels uitgekies het, opdragte gegee. 3In die loop van 40 dae na sy lydenstyd het Hy by verskeie geleenthede aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe. Hy het telkens met hulle oor die koningsheerskappy van God gepraat.

4’n Keer toe hulle so saam was, het Hy aan hulle dié opdrag gegee:

Jesus

Moenie Jerusalem verlaat voordat julle van die Vader ontvang het wat Hy belowe het nie. Julle onthou mos dat Ek julle vroeër daarvan vertel het: 5Johannes het met water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.

6Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het die apostels Jesus aanhou vra:

Elf Dissipels

Here, is dit nou die tyd dat U Israel weer ’n onafhanklike volk met ’n eie koning gaan maak?

Jesus

7Die Vader bepaal hierdie datums,

het Hy geantwoord,

Jesus

en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. 8Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.

9Hy het dit gesê, en is toe in die hemelruim opgeneem terwyl hulle toekyk. Hy het in ’n wolk verdwyn. 10Toe Hy wegraak en hulle nog stip die hemelruim inkyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11Die twee mans sê toe:

Twee Engele

Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het!

12Na hierdie gebeure het die apostels van die Olyfberg af na Jerusalem toe teruggestap, ’n afstand van net onder ’n kilometer. 13Hulle is toe na die bovertrek toe waar hulle tuisgegaan het. Die volgende persone was daar: Petrus, Johannes, Jakobus, Andreas, Filippus, Tomas, Bartolomeus, Matteus, Jakobus (seun van Alfeus), Simon die Yweraar, en Judas (seun van Jakobus).

14Hulle het almal saam aanhou bid. Maria, Jesus se ma, ander vroue en Jesus se broers was ook by.

15In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van sowat 120 gelowiges. Petrus het tussen hulle opgestaan en gesê:

Simon Petrus

16Medegelowiges, dit was nodig dat die Skrif oor Judas vervul moes word – dié man wat die tempelpolisie wat Jesus wou arresteer, na Hom toe gelei het. Die Heilige Gees het dit al lankal voorspel toe Hy deur Dawid daaroor gepraat het. 17Judas was inderdaad een van ons, en hy is ook saam met ons gekies vir hierdie bediening.

18(Met die omkoopgeld wat Judas vir sy verraad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en sy middellyf het oopgebars. Al sy ingewande het uitgepeul. 19Die nuus oor sy dood het vinnig onder die inwoners van Jerusalem versprei. Hulle het daardie plek toe Akeldama genoem, ’n Aramese woord wat “Bloedgrond” beteken.)

20Petrus het voortgegaan:

Simon Petrus

Dis presies soos dit in die Psalmboek geskryf staan:
‘Laat sy woonplek verlate word;
laat niemand daar bly nie.’
“En op ’n ander plek:
‘Laat iemand anders
sy toesigverantwoordelikheid
oorneem.’
21Daarom moet ons nou iemand anders kies. Dit moet een van die mans wees wat die hele tyd toe die Here Jesus by ons was, ook saam met ons was – 22van die tyd toe Jesus heel aan die begin deur Johannes gedoop is, tot op die dag toe Hy van ons in die hemel opgeneem is. Die een wat gekies word, sal saam met ons ’n getuie wees van Jesus se opstanding.

23Hulle stel toe twee voor: Josef, wat ook Barsabbas of Justus genoem word, en Mattias. 24Hulle bid toe saam dat die regte een verkies word.

Gelowiges in Jerusalem

Here,

het hulle gebid,

Gelowiges in Jerusalem

U ken elke hart. Wys ons watter een U gekies het 25om as apostel te dien in die plek van Judas wat ons in die steek gelaat het en na die plek toe is waar hy hoort.

26Hulle het toe geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.

21Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam. 2Skielik was daar in die lug bokant hulle ’n geluid soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was. 3Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit. 4Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.

5Daar het toegewyde Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon. 6Die geluid van die stormwind en die stemme het ’n groot skare daar laat saamkom. Hulle was uit die veld geslaan omdat elkeen die gelowiges in hulle eie taal hoor praat het.

7Hulle was heeltemal uit die veld geslaan.

Jode van Baie Nasies

Hoe is dit moontlik?

het hulle uitgeroep.

Jode van Baie Nasies

Almal wat hier praat, is Galileërs, 8en tog hoor ons hulle in ons moedertaal praat! 9Hier is ons – Perse, Mediërs en Elamiete, mense wat in Mesopotamië bly, in Judea, Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, 10Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië na Sirene se kant toe, besoekers uit Rome – 11Jode sowel as proseliete, Kretensers en Arabiere. Ons almal hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het!

12Hulle was almal uit die veld geslaan.

Jode van Baie Nasies

Wat kan dit tog beteken?

het party van hulle mekaar gevra. 13Maar ander het gespot.

Jode van Baie Nasies

Hulle is maar net dronk!

het hulle gesê.

14Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op. Hy het die skare met ’n harde stem toegespreek:

Simon Petrus

Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, neem nou deeglik kennis en luister goed na wat ek gaan sê: Julle moet nou goed luister! 15Party van julle beweer hierdie mense is dronk. Dis nie waar nie! Dis heeltemal te vroeg daarvoor. Mense is nie nege-uur in die oggend al dronk nie. 16Nee, wat hier gebeur, is waarvan God deur die profeet Joël gepraat het: 17‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God:
Ek sal my Gees uitstort op elke
mens.
Julle seuns en dogters
sal die woord van God
verkondig;
julle jongmense sal gesigte sien,
en julle oumense sal drome
droom.
18Ja, op die mans en vroue
wat in my diens staan,
sal Ek in daardie dae
my Gees uitstort
en hulle sal my woord verkondig.
19En Ek sal wonders gee
bo in die hemelruim
en wondertekens onder op die
aarde –
bloed en vuur en rookwolke.
20Die son sal ’n donker kol word,
en die maan ’n bloedkol,
voordat die groot en heerlike
Dag van die Here kom.
21Elkeen wat die Naam
van die Here aanroep,
sal verlos word.’
22Luister na wat ek gaan sê, geagte mede-Israeliete! Soos julle self weet, het God in die openbaar by julle bevestig dat Jesus van Nasaret die Here is. Dit is bevestig deur kragtige dade, wonders en tekens wat God Hom by julle laat doen het. 23Maar julle het opgetree soos God dit vooruit bepaal het. Met die hulp van nie-Jode het julle Hom aan die kruis gespyker en vermoor. 24God het Hom egter van die smarte van die dood gered en Hom opgewek, want die dood kon Hom nie in sy greep hou nie.
25Koning Dawid het die volgende van Hom gesê:
‘Ek het die Here altyd by my gesien.
Niks en niemand
sal my laat wankel nie,
want Hy is hier reg by my.
26Dis hoekom my hart bly is,
en my tong jubel!
Ja, nog meer:
omdat ek hoop het,
leef ek rustig.
27Ek weet U sal my gees
nie in Hades agterlaat nie
of toelaat dat u Heilige
in die graf vergaan nie.
28U het my die paaie geleer
wat na die lewe lei,
U sal my bly maak
met u teenwoordigheid.’
29Geagte volksgenote, verstaan goed! Dawid het in dié woorde wat ek aangehaal het, nie van homself gepraat nie. Ons weet mos: hy hét gesterf en is begrawe, en sy graf is tot vandag toe nog hier by ons.
30Hy het dus as profeet opgetree, en hy het geweet dat God met ’n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge as Messias op sy troon sou sit. 31Dawid het in die toekoms gesien en oor die opstanding van die Messias gepraat:
Hy sal nie in Hades
agtergelaat word nie,
sy liggaam sal nie in die graf
vergaan nie.
32Hierdie woorde van Dawid handel oor Jesus: God het Hom opgewek. Ons is almal getuies hiervan. 33Hy is derhalwe verhoog tot die regterhand van God, en nadat Hy die belofte van die Heilige Gees van die Vader ontvang het, het Hy dit uitgestort soos julle nou sien en hoor. 34Dawid is nie die een wat na die hemel toe opgevaar het nie, en tog sê hy:
‘Die Here het vir my Here gesê:
Sit aan my regterhand
35totdat Ek jou vyande
heeltemal aan jou
onderwerp het.’
36Die hele Israel moet dus vir seker weet: God het hierdie Jesus wat júlle gekruisig het, Here en Christus gemaak!

37Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra:

Jode van Baie Nasies

Geagte volksgenote, wat moet ons doen?

38Petrus antwoord hulle:

Simon Petrus

Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 39Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.

40Petrus het nog lank aanhou getuig en ’n ernstige beroep op sy hoorders gedoen:

Simon Petrus

Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!

41Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000.

42Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede. 43Diep ontsag het oor elke persoon gekom, en die apostels het baie wonders en wondertekens laat plaasvind. 44Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. 45Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier, en hulle kos met jubelende blydskap en in alle opregtheid geëet.

47Hulle het God deurentyd geprys, en die goedgesindheid van die hele volk geniet. En die Here het elke dag mense wat verlos word, by hulle gevoeg.

imgimg

AFRIKAANS

© 2018 SourceView LLC.
11