Handelinge 8:5-9:31

img

85Filippus het byvoorbeeld na die stad Samaria gegaan en hulle van Christus vertel. 6Toe die mense hoor wat Filippus verkondig en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy boodskap geluister. 7Onrein geeste het met groot geskreeu uit baie mense uitgegaan, en baie wat verlam en kreupel was, is gesond gemaak. 8Daar was groot blydskap in daardie stad.

9In dié stad het ’n man met die naam Simon al vir jare lank die inwoners met sy toorkunste beïndruk. Hy het daarop aanspraak gemaak dat hy iemand besonders was. 10Almal, van die geringstes tot die belangrikstes, het na hom verwys as: “Die Grote, die Krag van God.” 11Hulle het hom baie ernstig opgeneem, juis vanweë sy toorkunste. 12Nou het die mense egter Filippus se Goeie Nuus oor die koningsheerskappy van God en die Naam van Jesus Christus in die geloof aanvaar. Gevolglik is baie mans en vroue gedoop. 13Selfs Simon het gelowig geword, en is gedoop. Hy het Filippus oral begin vergesel, en hy was verstom oor die wondertekens en groot kragte wat hy sien gebeur het.

14Toe die apostels in Jerusalem hoor dat die mense in Samaria die boodskap van God aanvaar het, het hulle Petrus en Johannes daarheen afgevaardig. 15Toe hulle daar aankom, het hulle vir die nuwe gelowiges gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang. 16Want die Heilige Gees het immers nog nie op een van hulle gekom nie, want hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop.

17Petrus en Johannes het toe hulle hande op hierdie gelowiges gesit, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

18Toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang wanneer die apostels hulle hande op hulle sit, wou hy hierdie mag koop. 

Simon die Towenaar

19Gee my ook hierdie mag,

het hy gesê,

Simon die Towenaar

sodat elkeen op wie ek my hande sit, die Heilige Gees kan ontvang!

20Petrus het hom egter geantwoord:

Simon Petrus

Mag jou geld saam met jou vernietig word omdat jy dink dat dié gawe van God gekóóp kan word! 21Hier is nie plek vir jou nie, want voor God is jou hart nie reg nie.
22Bekeer jou van hierdie boosheid van jou en bid tot die Here. Miskien sal Hy jou bose planne vergewe. 23Ek kan sien jy is vol bitterheid en deur sonde geboei.

Simon die Towenaar

24Bid júlle tog vir my tot die Here,

het Simon uitgeroep,

Simon die Towenaar

dat hierdie verskriklike dinge nie met my gebeur nie!

25Nadat Petrus en Johannes kragtig getuienis gelewer en die woord van die Here in Samaria verkondig het, het hulle na Jerusalem toe teruggegaan. Op pad het hulle die evangelie ook in baie Samaritaanse dorpies verkondig.

26Vir Filippus het ’n engel van die Here egter gesê:

’n Engel

Gaan suid met die woestynpad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.

27Filippus het dit gedoen, en hy het die Minister van Finansies van Etiopië teëgekom. Hy was ’n ontmande in dié hoë pos by die koningin van Etiopië. Hy het Jerusalem toe gekom om te aanbid, 28en was nou op pad terug. Hy het op sy wa die boek van die profeet Jesaja gesit en lees.

29Toe het die Gees vir Filippus gesê:

God

Gaan loop langs sy wa.

30Filippus het nadergedraf en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra hom toe:

Filippus die Evangelis

Verstaan u wat u lees?

31Die Etiopiër het geantwoord:

Die Etiopiese Eunug

Hoe kan ek as niemand dit vir my verduidelik nie?

Hy het Filippus toe mooi gevra om op te klim en by hom te kom sit. 32Die Skrifdeel waarmee hy besig was, lui:

“Hy is gelei soos ’n skaap

na die slagplek,

en soos ’n lam stil is

by sy skeerder,

só het Hy sy mond

nie oopgemaak nie.

33Hy is verneder,

en alle reg is Hom ontsê.

Wie kan van sy nageslag vertel?

Want sy lewe word

van die aarde af weggevat.”

34Die ontmande het toe vir Filippus gevra:

Die Etiopiese Eunug

Praat die profeet hier van homself of van iemand anders?

 35Filippus het toe by hierdie Skrifgedeelte begin en die evangelie oor Jesus aan hom vertel.

36Op pad kom hulle by water aan, en die ontmande sê:

Die Etiopiese Eunug

Kyk, daar is water! Waarom kan ek nie gedoop word nie?

38Hy het toe die wa laat stilhou, en hulle twee het in die water gegaan, en Filippus het hom gedoop.

39Toe hulle uit die water opkom, het die Gees van die Here vir Filippus weggevat. Die ontmande het hom nie meer gesien nie en hy het sy reis met blydskap voortgesit. 40Toe Filippus hom weer kom kry, was hy in die stad Asdod. Hy het daarvandaan deur al die dorpe die Goeie Nuus verkondig totdat hy in Sesarea aangekom het.

91Intussen het Saulus met elke asemteug dreigemente uitgespreek. Hy wou die volgelinge van die Here doodmaak, en het daarom na die hoofpriester toe gegaan. 2Hy het briewe van hom aan die sinagoges in Damaskus gevra waarin hulle versoek word om hom te help om dié wat aan “Die Pad” behoort, mans én vroue, op te spoor, en hulle geboei na Jerusalem toe te bring.

3Toe hy op sy sending naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel hom omstraal! 4Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê:

Jesus

Saul, Saul, waarom vervolg jy My?

Paulus

5Wie is U, Here?

het hy toe gevra.

Jesus

Ek is Jesus,

antwoord Hy.

Jesus

Dis vir Mý wat jy vervolg! 6Staan nou op en gaan die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jou te doen staan.

7Die mans saam met hom was sprakeloos van verbasing, want hulle het iemand se stem gehoor, maar niemand gesien nie. 8Saulus het van die grond af opgestaan en alhoewel sy oë oop was, kon hy niks sien nie. Hulle is Damaskus in terwyl sy reisgenote hom aan die hand lei. 9Hy was drie dae lank daar sonder om te sien, en hy het ook niks geëet of gedrink nie.

10Daar was ’n gelowige in Damaskus met die naam Ananias. Die Here het hom in ’n gesig geroep:

God

Ananias!

Ananias van Damaskus

Ja, Here!

het hy geantwoord.

11Daarop sê die Here vir hom:

God

Gaan nóú Reguitstraat toe, na Judas se huis. Vra daar na Saulus van Tarsus. Want kyk, hy is besig om te bid. 12Ek het hom in ’n gesig laat sien dat ’n man met die naam Ananias inkom en sy hande op hom sit sodat hy weer kan sien.

13Maar Ananias het geantwoord:

Ananias van Damaskus

Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor – watter kwaad hy die gelowiges in Jerusalem aangedoen het! 14En ons hoor hy het ’n mandaat van die priesterhoofde om al die gelowiges hier in Damaskus te arresteer.

15Die Here het egter vir hom gesê:

God

Gaan doen wat Ek sê, want Ek het Saulus as my instrument uitgekies om my boodskap uit te dra na volke en konings, en ook aan die volk Israel. 16Ek sal inderdaad self vir hom wys hoeveel hy vir My moet ly.

17Ananias het toe vertrek en in daardie huis ingegaan. Hy het sy hande op Saulus gesit en gesê:

Ananias van Damaskus

Broer Saul, die Here het my gestuur, Jesus wat aan jou verskyn het op pad hierheen. Hy het my gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.

18Onmiddellik het iets soos skille van Saulus se oë afgeval en hy kon weer sien. Hy het opgestaan en is gedoop. 19Hy het toe kos geëet en sy kragte begin herwin.

Saulus het ’n paar dae by die gelowiges in Damaskus gebly. 20Hy het Jesus dadelik in die sinagoges begin verkondig – dat Hy die Seun van God is.

21Almal wat hom gehoor het, was verbaas en het gesê:

Jode in Damaskus

Is dit nie dié man wat Jesus se volgelinge in Jerusalem getreiter het nie? Dis mos presies waarvoor hy hierheen gekom het: om hulle geboei voor die priesterhoofde te bring!

22Saulus se prediking het al hoe kragtiger geword en het die Damaskus-Jode in die war gebring deur te bewys dat Jesus die Christus is. 23Na etlike dae het dié Jode saamgesweer om Saulus te vermoor. 24Hulle komplot het egter aan Saulus uitgelek. Dag en nag het hulle die stad se poorte dopgehou om hom te vermoor. 25Maar sy volgelinge het hom in ’n mandjie deur ’n opening in die stadsmuur laat afsak.

26Toe Saulus in Jerusalem aankom, het hy probeer om by die gelowiges aan te sluit, maar almal was bang vir hom. Hulle kon nie glo dat hy ’n gelowige is nie. 27Barnabas het hom toe na die apostels toe gevat, en vir hulle vertel hoe Saulus op pad na Damaskus die Here gesien het. Barnabas het ook vertel dat die Here met Saulus gepraat het, en hoe hy in Damaskus openlik in die Naam van Jesus gepreek het. 28Saulus het toe oral in Jerusalem saam met hulle rondgegaan en openlik in die Naam van die Here gepreek. 29Hy het ook met Griekssprekende Jode gepraat en met hulle geredeneer, maar hulle het planne beraam om hom te vermoor. 30Toe die gelowiges dit agterkom, het hulle hom Sesarea toe gevat en hom van daar na Tarsus toe weggestuur. 31Die kerk het deur die hele Judea, Galilea en Samaria vrede gehad. Die gelowiges is opgebou en het in ontsag vir die Here geleef, en hulle is deur die Heilige Gees versterk. Op hierdie manier het hulle getalle aangegroei.

imgimg

AFRIKAANS

© 2018 SourceView LLC.
11