Handelinge 9:32-12:25

img

932Petrus het van plek tot plek gereis en het op ’n keer ook by die gelowiges in die dorp Lidda gekom. 33Daar het hy ’n man met die naam Eneas gekry wat verlam en al agt jaar bedlêend was. 

Simon Petrus

34Eneas,

het Petrus toe vir hom gesê,

Simon Petrus

Jesus Christus maak jou gesond! Staan en rol jou bed op!

En hy het dadelik opgestaan. 35Al die inwoners van Lidda en die Saronvlakte het hulle tot die Here bekeer toe hulle Eneas sien rondgaan.

36In Joppe was daar ’n gelowige vrou met die naam Tabita (in Grieks is sy “Dorkas”). Sy was altyd besig om aan ander goed te doen en armes te help. 37Juis in dié tyd het sy siek geword en is sy dood. Hulle het haar liggaam vir die begrafnis voorberei, en in ’n bokamer neergelê. 38Met Lidda naby Joppe het die gelowiges gehoor dat Petrus daar is. Hulle het toe twee mans na hom toe gestuur met die versoek:

Gelowiges van Joppe

Kom asseblief sonder uitstel na ons toe!

39Petrus is dadelik saam met hulle terug. Toe hy daar kom, het hulle hom bokamer toe gevat. Al die weduwees het by hom kom staan en snikkend vir hom die verskillende soorte klere gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog by hulle was. 40Petrus het almal egter uitgestuur, en toe het hy gekniel en gebid. Hy het na die liggaam toe gedraai en gesê:

Simon Petrus

Tabita, staan op!

Sy het haar oë oopgemaak! Toe sy Petrus sien, het sy regop gesit. 41Hy het haar sy hand gegee en haar help opstaan. Toe het hy die gelowiges en die weduwees geroep, en hulle gewys sy leef.

42Dié gebeure het in die hele Joppe bekend geword, en baie het tot geloof in die Here gekom. 43Petrus het ’n hele aantal dae in Joppe gebly by ’n sekere Simon, ’n leerlooier.

101In Sesarea was daar ’n Romeinse weermagoffisier met die naam Kornelius, ’n offisier oor honderd man van die Italiaanse Regiment. 2Hy het toegewy aan die God van Israel geleef en het ontsag vir Hom gehad, hy en sy hele huishouding. Hy het baie bydraes vir die armes onder die Joodse volk gegee en hy het deurentyd tot God gebid. 3Een middag teen drie-uur het hy in ’n gesig duidelik ’n engel van God na hom toe sien kom wat vir hom sê:

’n Engel

Kornelius!

4Kornelius het hom aangestaar en bang geword en gevra:

Kornelius

Wat is dit, Meneer?

Die engel het hom geantwoord:

’n Engel

Jou gebede en wat jy vir die armes doen, het God opgeval! 5Stuur daarom nou dadelik mans na Joppe toe en laat daar ’n sekere Simon haal. Sy noemnaam is Petrus. 6Hy is ’n gas by ’n ander Simon, ’n leerlooier. Sy huis is by die see.

7Toe die engel wat met hom gepraat het, vertrek, het Kornelius twee van sy huiswerkers en een van sy lyfwagte, self ’n soldaat wat aan God toegewy geleef het, geroep. 8Hy het hulle alles vertel en hulle Joppe toe gestuur.

9Die volgende dag, toe Kornelius se afvaardiging al naby die dorp was, het Petrus dakstoep toe gegaan om te bid. Dit was teen twaalfuur die middag, 10en hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle die ete klaarmaak, het hy in geestesvervoering geraak. 11Hy het die hemel oop gesien en iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word en afkom grond toe. 12In die doek was allerhande diere, reptiele en voëls. 13’n Stem sê toe vir hom:

God

Staan op, Petrus! Slag en eet!

Simon Petrus

14Nooit nie, Here!

het Petrus gesê.

Simon Petrus

Ek het nog nooit iets wat onrein is, geëet nie.

15Toe kom die stem weer:

God

Wat God rein gemaak het, mag jy nie onrein ag nie.

16Dit het drie keer gebeur. Toe is die doek weer in die hemel opgetrek.

17Petrus was verdwaas. Wat kon die gesig tog beteken? Juis op daardie stadium kry die mans wat deur Kornelius gestuur is, die huis en hulle staan by die voordeur. Hulle was op soek na die huis van Simon 18en vra toe of Simon met die noemnaam Petrus daar ’n gas is. 19Terwyl Petrus nog wonder oor die gesig, het die Gees vir hom gesê:

God

Hier is drie mans wat jou soek. 20Gaan ondertoe en moenie huiwer om saam met hulle te gaan nie, want Ék het hulle gestuur.

21Petrus het toe ondertoe gegaan en vir die mans gesê:

Simon Petrus

Hier is ek, dis vir my wat julle soek. Waarom is julle hier?

22Hulle het geantwoord:

Kornelius se Boodskappers

Kornelius, ’n Romeinse offisier oor honderd man, het ons gestuur. Hy is ’n opregte man en een wat ontsag vir God het, en die hele Joodse volk het hoë agting vir hom. ’n Heilige engel het hom opdrag gegee om u na sy huis te laat haal en dat hy moet luister na wat u te sê het.

23Petrus nooi hulle toe vir die nag in. Die volgende dag het hy saam met hulle vertrek, en ’n paar van die medegelowiges in Joppe het saam met hom gegaan.

24Hulle het die volgende dag in Sesarea aangekom. Kornelius het hulle al verwag en het sy familie en naby vriende reeds saamgeroep. 25Toe Petrus die huis inkom, het Kornelius voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. 26Maar Petrus het hom opgehelp en gesê:

Simon Petrus

Staan op! Ek is ’n mens net soos jy!

27En terwyl hy met hom praat, gaan hulle binne, en kry die klomp mense wat daar bymekaar is.

28Petrus sê toe vir hulle:

Simon Petrus

Julle weet dat ’n Jood nie met iemand van ’n ander volk kontak mag hê of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onrein mag beskou nie. 29Daarom het ek sonder beswaar gekom toe ek laat haal is. Ek vra dan nou waarom julle my laat haal het.

30Kornelius antwoord:

Kornelius

Vier dae gelede was ek in my huis besig om te bid, so teen drie-uur die middag. Skielik staan daar toe ’n man met blink klere voor my. 31Hy sê vir my: ‘Kornelius, jou gebed is verhoor en God het jou bydraes vir die armes nie vergeet nie! 32Stuur mense Joppe toe en laat vir Simon met die noemnaam Petrus daar haal. Hy is ’n gas in die huis van Simon, ’n leerlooier wat naby die see woon.’ 33So het ek dadelik mense na u toe gestuur, en u was so goed om te kom. Hier is ons nou almal voor God om te hoor watter boodskap die Here aan u gegee het.

34Toe antwoord Petrus:

Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie sekere mense bo ander voortrek nie. 35In enige volk neem Hy dié mense aan wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is. 36Julle weet tog dat God aan die volk Israel die Goeie Nuus gestuur het dat daar vrede met Hom is deur Jesus Christus, wat Here oor almal is. 37Julle weet ook self wat dwarsdeur Judea gebeur het; dit het van Galilea af begin ná Johannes die Doper begin preek het. 38Julle weet ook hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Jesus het toe rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat onder die mag van die duiwel was, want God was by Hom.
39En ons as apostels is getuies van alles wat Hy in Judea en in Jerusalem gedoen het. Die Jode het Hom vermoor deur Hom te kruisig, 40maar God het Hom drie dae later opgewek. Toe het God Hom laat verskyn, 41nie in die openbaar aan almal nie, maar net aan ons vir wie Hy vantevore gekies het om Jesus se getuies te wees, ons wat ná sy opstanding uit die dood saam met Hom geëet en gedrink het. 42Hy het ons toe opdrag gegee om aan almal te verkondig en te getuig dat dit Hy is wat deur God beskik is om Regter oor almal te wees – dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het.
43Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang.

44Terwyl Petrus nog hierdie dinge sê, het die Heilige Gees op almal gekom wat sy boodskap gehoor het. 45Die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die Heilige Gees ook op nie-Jode as geskenk uitgestort is. 46Hulle het geen twyfel daaroor gehad nie, want hulle het hulle ongewone tale hoor praat, en hoe hulle God se grootheid besing.

Petrus het toe gesê: 

Simon Petrus

47Wat kan verhinder dat hulle met water gedoop word noudat hulle net soos ons die Heilige Gees ontvang het?

 48Toe het hy beveel dat hulle in die Naam van Jesus Christus gedoop word. Daarna het hulle hom gevra om ’n paar dae daar te bly.

111Die apostels en die ander gelowiges in Judea het gehoor dat ook nie-Jode die woord van God aangeneem het. 2Toe Petrus in Jerusalem aankom, het die Joodse gelowiges hom gekritiseer: 

Gelowiges in Jerusalem

3Jy het nie-Jode besoek en jy het selfs saam met hulle geëet!

4Petrus het toe vir hulle alles mooi begin uiteensit. 

Simon Petrus

5Ek was in Joppe besig om te bid toe ek in geestesvervoering ’n gesig gesien het,

het hy gesê.

Simon Petrus

Iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, het uit die hemel afgekom. En dit het tot by my gekom. 6Toe ek in die doek kyk, sien ek daarin allerhande aardse diere, wilde diere en reptiele, en ook voëls. 7Toe hoor ek ’n stem wat vir my sê: ‘Staan op, Petrus! Slag en eet!’
8‘Nooit nie, Here!’ het ek geantwoord. ‘Iets wat onrein is, het nog nooit my mond binnegegaan nie.’
9’n Tweede keer het ’n stem uit die hemel gereageer: ‘Wat God rein gemaak het, mag jy nie onrein ag nie.’
10Dit het drie keer gebeur, en daarna is alles weer in die hemel opgetrek. 11Presies op daardie tydstip het drie mans wat van Sesarea af gestuur was, by die huis aangekom waar ons tuis was. 12Die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moet gaan, en dat ek nie moet aarsel omdat hulle nie-Jode is nie. Ek het toe saam met hierdie ses medegelowiges gegaan, en ons het die man wat my laat haal het, se huis binnegegaan. 13Hy het vir ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het wat vir hom sê: ‘Stuur mense Joppe toe en laat vir Simon met die noemnaam Petrus daar haal. 14Hy het ’n boodskap vir jou waardeur jy verlos sal word, jy en jou hele huishouding!’
15Ek het net begin om die Goeie Nuus aan hulle te vertel, toe kom die Heilige Gees op hulle net soos op ons in die begin. 16Toe dink ek aan die woorde van die Here toe Hy gesê het: ‘Johannes het wel met water gedoop, maar júlle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ 17Aangesien God dan dieselfde geskenk aan die nie-Jode gegee het as aan ons toe ons tot geloof in die Here Jesus Christus gekom het, watter reg het ék om God te keer?”

18Toe hulle dit hoor, het hulle stil geraak. Hulle het God begin prys en gesê:

Gelowiges in Jerusalem

God het selfs nie-Jode tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee.

19Dié wat uit Jerusalem gevlug het oor die vervolging ná Stefanus se dood, het na Fenisië, Siprus en Antiogië toe gegaan. Hulle het die evangelie verkondig, maar net aan Jode. 20Daar was egter sekere Sipriese en Sireniese mans wat in Antiogië gekom en ook aan die Griekssprekendes die Goeie Nuus verkondig het dat Jesus die Here is. 21Die Here het hulle werk geseën sodat ’n groot aantal tot geloof gekom en hulle tot die Here bekeer het.

22Toe die gemeente in Jerusalem hoor wat gebeur het, het hulle Barnabas Antiogië toe gestuur. 23Toe hy daar kom en sien hoe God in sy genade onder hulle gewerk het, was hy bly. Hy het hulle almal aangespoor om lojaal aan die Here te bly. 24Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en van geloof. ’n Aansienlike groep mense is na die Here toe gebring.

25Barnabas is daarna Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. 26Toe hy hom kry, het hy hom Antiogië toe gebring. En so het dit gekom dat hulle twee ’n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en ’n taamlike klomp mense onderrig het. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem.

27In dié tyd het profete van Jerusalem af na Antiogië toe gekom. 28Een van hulle, met die naam Agabus, het tydens ’n byeenkoms opgestaan en is deur die Gees gelei om te voorspel dat ’n groot hongersnood die hele Romeinse wêreld gaan tref. (Dit het dan ook in die tyd van keiser Claudius gebeur.) 29Die gelowiges in Antiogië het toe besluit dat elkeen van hulle na sy vermoë sou bydra tot ’n hulpfonds wat vir hulle medegelowiges in Judea gestuur sou word. 30Hulle het dit toe gedoen en die geld met Barnabas en Saulus aan die ouderlinge in Jerusalem gestuur.

121In dié tyd het koning Herodes Agrippa party van dié wat aan die kerk behoort, laat arresteer en hulle mishandel. 2Hy het Jakobus, die broer van Johannes, met ’n swaard laat vermoor. 3Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan deur ook Petrus tydens die Fees van die Ongesuurde Brood te laat arresteer. 4Hy het hom in die tronk gesit en deur vier afdelings van vier soldate elk laat bewaak. Herodes wou hom ná Paasfees in die openbaar verhoor.

5So is Petrus dan in die tronk bewaak. Die kerk het aanhoudend vir hom tot God gebid.

6Die nag voordat Herodes hom in die openbaar sou verhoor, het Petrus tussen twee soldate geslaap terwyl hy met twee kettings geboei was en ander wagte die tronkdeur bewaak. 7Meteens staan daar ’n engel van die Here by Petrus, en ’n lig skyn in die sel. Die engel stoot toe aan Petrus se sy, en maak hom wakker en sê:

’n Engel

Staan gou op!

Die boeie het van sy polse afgeval. 8Toe sê die engel vir hom:

’n Engel

Maak vas jou belt en trek jou sandale aan.

Hy het so gemaak. Daarna sê die engel vir hom:

’n Engel

Trek jou bo-kleed aan en kom agter my aan.

9Petrus het hom uit die sel gevolg. Hy het nie besef dat die optrede van die engel werklikheid was nie, maar het gedink hy sien ’n gesig. 10Hulle is by die eerste wag verby en ook by die tweede, en toe hulle by die ysterhek kom wat na die stad toe lei, het dit vanself vir hulle oopgegaan. Hulle het buitentoe gegaan en ’n ent met die straat af gestap. Toe het die engel Petrus skielik verlaat.

11Uiteindelik dring dit tot Petrus deur wat met hom gebeur het en hy sê vir homself:

Simon Petrus

Nou besef ek eers regtig dat die Here sy engel gestuur het en my uit die mag van Herodes gered het en van die kwaad wat die Jode gehoop het om my aan te doen!

12Toe dit vir hom duidelik geword het, is hy na die huis van Maria, die ma van Johannes (sy noemnaam is Markus), waar ’n taamlike groep saam was en gebid het. 13Hy het aan die buitedeur geklop, en ’n diensmeisie met die naam Rodé het kom hoor wie dit is. 14Toe sy Petrus se stem herken, het sy van blydskap nie die deur oopgemaak nie, maar binnetoe gehardloop en uitgeroep dat Petrus by die buitedeur staan!

15Maar hulle het vir haar gesê:

Gelowiges in Jerusalem

Jy is skoon van jou wysie af!

Toe sy egter daarmee volhou, het hulle gesê:

Gelowiges in Jerusalem

Dan is dit seker Petrus se engel.

16Intussen het Petrus weer geklop. Toe hulle oopmaak en hom sien, was hulle baie verbaas. 17Hy het met sy hand vir hulle beduie om stil te raak en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het.

Simon Petrus

Vertel vir Jakobus en die ander gelowiges wat gebeur het,

het hy gesê. Hy is buitentoe, en het elders heen vertrek.

18Toe dit dag word, was daar groot ontsteltenis onder die soldate oor wat van Petrus geword het. 19Herodes Agrippa het hom laat soek. Toe hulle hom nie kon kry nie, het hy die wagte verhoor en bevel gegee dat hulle tereggestel word. Hierna het Herodes van Judea na Sesarea toe gegaan en ’n tyd daar gebly.

20Herodes was destyds baie kwaad vir die mense van Tirus en Sidon. Daarom het hulle ’n gesamentlike afvaardiging na hom toe gestuur met ’n vredesvoorstel omdat hulle stede vir kos van Herodes se land afhanklik was.

Hulle het Blastus, die koning se kamerbediende, oorgehaal om vir hulle ’n oudiënsie by Herodes te kry. 21Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy verhoog gaan sit en hulle in die openbaar toegespreek. 22Die mense het hom toegejuig:

Die Mense van Tirus & die Mense van Sidon

Dit is die stem van ’n god, nie van ’n mens nie!

23Onmiddellik het ’n engel van die Here Herodes getref omdat hy die verering aanvaar en nie aan God gegee het nie. Hy is deur wurms opgevreet en het gesterf.

24Maar die Goeie Nuus het verder versprei en baie het tot geloof gekom.

25Barnabas en Saulus het teruggekom nadat hulle hulle opdrag in Jerusalem voltooi het. Hulle het vir Johannes, met die noemnaam Markus, saamgeneem.

imgimg

AFRIKAANS

© 2018 SourceView LLC.
11